Sale!

Waarheid Maak Saak, deur Walter Veith

R195.00 R150.00

Description

Nog nooit vantevore is geloof in die Woord van God so ondermyn soos juis in die afgelope aantal jare nie. Die duidelike leringe van die Skrif word inderdaad oorskadu deur die veelvuldige paranormale onthullings en leringe van ons tyd. Oosterse mistisisme en die denkwyse van die New Age-beweging het die antieke pilare van waarheid weggevreet en nuwe ideologieë het die ewige bakens vervang. Die waarheid is nie meer belangrik nie – harmonie en samewerking is al wat nou geld.

Ons lewe in ’n tyd van kompromie.  In die belang van vrede en harmonie word die waarheid heel dikwels opgeoffer. Daar word geredeneer dat alle gelowe gelyk is en dat, ten spyte van verskille in leerstellings en benaderings, alle gelowe uiteindelik na God lei. Hierdie denke het groter samewerking tussen godsdienste meegebring en binne die Christendom is die ou ekumeniese strydbyle begrawe.

Die doel van hierdie boek is nie om as ’n resepteboek tot redding te dien nie. Daar is geen bestanddele wat gemeng en ingeneem kan word ten einde gered te word nie.  Redding word slegs gevind in Hom “Wie . . . ook volkome red die wat deur Hom tot God gaan, omdat Hy altyd leef om vir hulle in te tree.” (Hebreërs 7:25). Hierdie boek is nie bedoel om tot die Skrif by te voeg nie, maar is geskryf om die aansprake daarvan te ondersteun.

Die geloofwaardigheid van die Bybel word ondersoek in die lig van die vervulling van profesieë en die groot argeologiese ontdekkings van ons tyd. Boonop word die profesieë van Daniël en Openbaring wat betrekking het op ons tyd in die lig van die huidige wêreldgebeure bespreek.

Die ontvouing van profetiese gebeure soos in die Skrif voorspel, verleen geloofwaardigheid aan die aansprake daarvan dat dit waarlik die Woord van God is. Dit noodsaak ons om ’n besluit te neem en nooi ons uit om God se reddingsplan te aanvaar. Ek glo dat God se waarheid uiteindelik sal seëvier. Hy is absoluut geloofwaardig en die weg waarop God ons nooi, is inderdaad die moeite werd om te volg.

Walter J. Veith

In hierdie boeiende boek stel Dr. Veith die groot verwarring in die wêreld vandag aan die kaak en bied hy gesaghebbende en duidelike uitleg van Bybelse profesie terwyl hy die slaggate in die moderne mega-bewegings soos die New Age-beweging, Ekumeniese-beweging, Charismatiese Hernuwingsbeweging en ander geestelike bewegings uitwys. In die doolhof van geestelike dwaalleer soos hierdie, maak die waarheid inderdaad saak . . .

Additional information

Weight 0.8 kg
Dimensions 21.5 × 15 × 2.5 cm
Author

Category

Language

Topic

Type

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Waarheid Maak Saak, deur Walter Veith”