Sale!

Skepping Deur God of Evolusie Uit Niks? deur Nicolene Filmalter (Boek & DVD)

R320.00 R280.00

Koop die BOEK en DVD teen die afslag prys en spaar R50

Description

As jy bekommerd is oor dit wat jou kinders aangaande evolusie in die skool leer en nie weet hoe om hulle reg te help nie, dan is hierdie boek vir jou. As jy dink dat die ‘storie agter die storie’ te kompleks is om te verstaan, dan is hierdie boek vir jou. As die waarheid REGTIG vir jou saakmaak ten spyte van wat die ‘meerderheid’ wil hê jy moet glo, dan is hierdie boek vir jou! En as jy sommer net nuuskierig is, dan is die boek beslis ook vir jou. Ek het van die interessantste inligting oor die skeppingsleer teenoor die evolusieleer gekondenseer om dit makliker verstaanbaar te maak vir mense wat nie noodwendig ʼn wetenskaplike agtergrond het nie (Ouderdom 12-112). Hoekom is dit belangrik? Waaroor gaan die groot bohaai as dit kom by evolusie en die Bybel? Het God nie dalk maar net die ‘proses van evolusie’ gebruik om alles tot stand te bring nie? Min mense besef dat die evolusieleer ʼn anti-Bybelse godsdiens bevorder en dat selfs sommige kerk-leiers nie meer in hulle eie boek – die BYBEL – glo nie. Die toenemende ontkenning van die Skepper-God word baie duidelik uitgespel in die eerste twee beginsels van die ‘Humanist Manifesto’ van 1933, opgedateer in 2003, waar die heelal as self-onderhoudend gesien word (dus nie geskep) en waar Humanisme beweer dat die mens deel uitmaak van die natuur waaruit hy ontstaan het as die resultaat van ʼn aaneenlopende ‘natuurlike’ proses.

Hierdie reeks gee ‘n praktiese, verfrissende en insiggewende kykie in die evolusie-skepping-debat en sal stof tot nadenke bied aan selfs die ywerigste ondersteuner van die filogenetiese benadering tot oorspronge. Ten spyte van die amper bomenslike pogings uit die evolusionistiese kamp om hul konsep by die wêreld deur elke beskikbare media ingang te laat vind, slaag

Nicolene daarin om die kwessies uit te lig wat hierdie debat steeds meer relevant in ons tyd maak. Oorsprongeduer ontwerp kan en sal nie ter ruste gelê word nie, aangesien die bewyse vir ontwerp só oortuigend is dat selfs geharde ateïste dit moet erken – al sal hulle nooit “n goddelike voet in die deur’ toelaat nie. Vervleg met humor, stel Nicolene die feite van die molekulêre tot die organismiese vlak op ‘n eenvoudige dog insiggewende manier sodat jonk en oud daarby kan baat. Ek hoop dat die

leser die bewyse met ‘n oop gemeod sal oorweeg en versoek

elkeen om die vooroordeel wat die moderne samelewing en die wetenskaplike gemeenskap op die menslige psige ingeprent het, opsy te sit sodat die feite self kan getuig. – Prof Walter Veith

Leings op Hierdie DVD Reeks

1. Inleiding, Wetenskappe, & Die Oernkal

2. Mutasies, Natuurlike Seleksie & Geskape Soort

3. Jonk Of Ou Aarde? Sedimentere Strata & Fossiele

4. Die Bybelse Vloed En Die Effek Daarvan

5. Logistiek Van Die Ark En Na Die Vloed

6. Dinosourusse

7. Menslike Evolusie – Regtig?

8. Radiometriese Datering

9. Intelligente Ontwerp

Bonus:
Confronted By Truth – Onderhoud met With Walter Veith (Engels)

Additional information

Weight 0.95 kg
Dimensions 26 × 21 × 3 cm
Author

Category

,

Language

Topic

Type

,

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Skepping Deur God of Evolusie Uit Niks? deur Nicolene Filmalter (Boek & DVD)”