Hervorming Herontketen, deur Walter Veith

R105.00

Language: Afrikaans
Release Date: 2008
Duration:
Publisher:
Amazing Discoveries
Format: 6 DVD Stel

Description

Gedurende die Hervorming het miljoene getroue dienaars hulle lewe afgelë vir deurslaggewende waarhede vervat in die Woord van God om godsdiensvryheid moontlik te maak.

Hierdie reeks is ‘n oproep om die beginsels van Hervorming te herontketen en om die fundamentele waarhede waarop die hervormers soos Calvyn, Luther en Zwingli vas gestaan het, te herondersoek.

Hervorming Herontketen is ‘n reeks van 11 inspirerende en tersaaklike multimedia aanbiedings aangaande die deurslaggewende kwessies van die Hervorming en hoe dit verband hou met die hede.

Professor Walter Veith verduidelik die geskille wat gelei het tot die gruwelike en bloedige vervolging in die Donker Eeue en toon die dringendheid daarvan om te verstaan dat dieselfde beginsels vandag nog steeds aangeval word.

Miljoene Christene het gesterf vir hulle geloof, soos onder andere die identiteit van die Antichris en verlossing deur genade alleen. Hulle opoffering het daarin geslaag om ‘n ryk te beteuel en vryheid van geloof en denke moontlik te maak. Maar hulle sukses was van korte duur.

Deur die eeue sedert die Hervorming, het ons die oortuigings waarvoor die hervormers gestaan het, verloor. Ons het toegelaat dat God se waarheid met dwaling gemeng word. Vandag maai ons die gevolge van ons onverskillige nalatigheid.
Die wond van die Romeinse Ryk is genees en politici en staatshoofde volg pouslike Rome sonder huiwering.

Professor Veith bied duidelike insig in die onderliggende doelwitte van vandag se politieke, ekonomiese en godsdienstige bewings. Hy verduidelik hoekom ons die stryd van die Hervorming dalk weer sal moet stry.

Sal jy weet wat die geskille behels en die vyand se taktiek so goed verstaan sodat jy dwaling sal kan teenstaan? Hierdie reeks sal jou daarvoor toerus.
Lesings in die reeks
1. Laat Daar Lig Wees
2. Die Twee Pilare Van Die Hervorming
3. Die Vierde Man In Die Vuuroond
4. Die Erfenis Van Israel
5. U Wet Ongedaan Gemaak – Deel 1
6. U Wet Ongedaan Gemaak – Deel 2
7. Die Jesuïete En die Teen-Hervorming – Deel 1
8. Die Jesuïete En die Teen-Hervorming – Deel 2
9. Wat Is Geloof
10. Die Teleportabele Volhoubare Prinse
11. Tipologie Van Verlossing
12. Die Oxford Martelare

Additional information

Weight 0.211 kg
Dimensions 19 × 13.5 × 2 cm
Author

Category

Language

Topic

Type

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Hervorming Herontketen, deur Walter Veith”