Elia – Die Tisbiet, deur Francois du Plessis

R90.00

Discover

Description

Sy CV sê hy was net ‘n bywoner, maar wat ‘n verhaal. Kom reis saam met my na Tisbe waar hy gebore is. Kom besoek die ruïnes van Agab se paleis in Samaria waar hy die koning onverskrokke aangespreek het.

Kom kyk na die nuutontdekte Wadi al Yabis, Bybelse spruit Krit, waar die kraaie vir hom kos gebring het. Kom hoor hoe Jesus en Sy dissipels by dieselfde plek gaan skuiling soek het.

Sy verhaal vertel hoe hy buite die grense van Kanaän by die weduwee van Sarfat gaan skuil het. Ons gaan ook daar besoek.Een van die hoogtepunte is sy ontmoeting met die Baälpriesters op Karmel. Ons gaan op die plek staan waar die konfrontasie plaasgevind het. Die plek is naam is Muraka, wat vuur beteken.

Ons gaan saam met hom vanaf Jisreël na Berseba, na die Negevwoestyn, na Sinai reis. Die klimaks van die verhaal neem ons na Wadi al Kharar in Jordanië waar hy lewendig hemel toe is. Terloops, dis ook die plek waar Moses begrawe en opgewek is. By die berg Tabor is moontlik die plek waar hy en Moses met Jesus oor Sy kruisdood kom gesels het.

Kom ontdek Elia se teologie. Dit stem ooreen met dié van Johannes die Doper. Wat het Jesus van hierdie twee magtige boodskappers gesê.Die biografiese skets van Elia en sy werk gaan ons help om die profiel van die eindtyd Eliaboodskap te waardeer.

Francois sê: “Ek is verskriklik opgewonde oor hierdie werk en ek vertrou dat die kykers dieselfde gaan ervaar en soos Elia lewendig hemel toe sal opvaar.”

Lesings In hierdie reeks

Elia Die Tisbiet – Deel 1 – 60 Minute

Elia Die Tisbiet – Deel 2 – 69 Minute

Elia Die Tisbiet – Deel 3 – 59 Minute

Elia Die Tisbiet – Deel 4 – 63 Minute

Elia Die Tisbiet – Deel 5 – 63 Minute

Elia Die Tisbiet – Deel 6 – 37 Minute

Elia Die Tisbiet – Deel 7 – 56 Minute

Elia Die Tisbiet – Deel 8 – 70 Minute

Elia Die Tisbiet – Deel 9 – 46 Minute

Elia Die Tisbiet – Deel 10 – 42 Minute

Additional information

Weight 0.192 kg
Dimensions 19 x 13.5 x 2 cm
Author

Category

Language

Topic

,

Type

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Elia – Die Tisbiet, deur Francois du Plessis”

Your email address will not be published. Required fields are marked *